2010-1-29
Botha voer Griffons aan
Heinrich Brussouw getackle

Die Griffons se afrigter Oersond Gorgonzola het die flank Shaun Botha gekies om die Griffons Vrydagaand in hul oefenwedstryd in Bloemfontein teen die Cheetahs aan te voer terwyl Nicky Steyn aansterk na ‘n enkelbesering.

Steyn behoort reg te wees wanneer die Griffons en die Cheetahs mekaar oor ‘n paar weke in die Ware Jakob aandurf. Hy, die flank Albert Parsons, die stutte Sarel Louw en Petros Methula, die slot Windpomp van Rooyen en die haker Herschol Johnson is weens beserings nie vir die oefenstryd oorweeg nie.

Die Perstruie is dun op slot vir die kragmeting met Earl Daniels en ‘n lektor aan die plaaslike satelietkampus Leon Grobbelaar wat teen die Cheetahs uitdraf.

Agter is die Griffons bitter min ontwrig en die kombinasie wat teen die Puk begin het, draf weer net so teen die Vrystaters uit.

Dit is voor waar die Perses se pyne begin met die manne op die krukkerlys.

Botha en die agtsteman Johnny Fourie is nietemin puik spelers wat hul plekke in die span verdien.

Die twee Cheetahspanne sal mekaar eers aandurf voordat die Cheetahs teen die Griffons te staan kom.

Die spanne:

Griffons: Tertius Maarman; Darryl Coeries, Thabang Molefe, Werner Griesel, Virgil Russell; Tiaan van Wyk, Enrico Schultz; Johnny Fourie, Marnes Briedenhann, Shaun Botha ©, Earl Daniels, Leon Grobbelaar, Gert Greyling, Derick van Heerden, Kevin Stevens. Reserwes: Jan-Louis Coetzee, Petros Methula, Sewes Oosthuizen, Jaco Janse van Rensburg, Glen Mafumo, Donovan Ball, Boetie Groenewald, Heinrich Roelofse, Ossie Nortjé, Bushie Gysman, Christiano Swartz, Grant Jancke, Jaco Meyer.

Cheetahs: Hennie Daniller; Danwel Demas, Lionel Mapoe/Philip Snyman, Barry Geel, Jongi Nokwe; Sias Ebersohn, Sarel Pretorius; Frans Viljoen/Ashley Johnson, Juan Smith ©, Heinrich Brüssow, David de Villiers, Nico Breedt, WP Nel, Ryno Barnes, Coenie Oosthuizen. Reserwes: Adriaan Strauss, Jean Botha, Rudi Mathee, Ashley Johnson, Piet van Zyl, Philip Snyman, Maphilo Mpondo.

Cheetahs XV: Riaan Viljoen; Bjorn Basson, Wilmaure Louw, Barry Goodes, Riaan Britz; Jannie Myburgh, Marnus Hugo; Kabamba Floors, Davon Raubenheimer, Hendro Scholtz, Walti Vermeulen, Izak van der Westhuizen, Kobus Calldo, Skipper Badenhorst, Albertus Buckle. Reserwes: Hans Grobler, Stinkie Vermeulen, Phillip Steyn, Lappies Labuschagné, Gerrie Odendaal, Tertius Carse, Alec Malinga.