2010-2-23
Fredericks 204 nie uit nie
Eddie Fredericks S14

Die oud-Cheetahvleuel Eddie Fredericks, is na meer as 200 eersterangse wedstryde en in sy twaalfde seisoen in provinsiale rugby gekies om Saterdag vir die Griffons in Windhoek teen Namibië te speel.

Fredericks het reeds meer as 70 eersterangse drieë gedruk waarvan ses in sy 17 wedstryde in die Perstrui.

Die oud-Griffonskaptein Sarel Louw is ook terug in die beginspan saam met die vaskop Gert Greyling terwyl die Griffons ook twee voorrye op die bank het.

Louw het die Perses reeds 85 keer in amptelike wedstryde verteenwoordig en is naas Fredericks, Darryl Coeries en Windpomp van Rooyen die mees ervare speler in die span.

Die loskopstut het egter die meeste wedstryd vir die Griffons agter die blad.

Namibië spog met die oud-Griekwa Jané du Toit en die Bolander Johnny Redelinghuys in die voorry.

Hul bekendste speler is die losskakel TC Losper, terwyl die man wat twee onderskepdrieë teen Frankryk en die Bokke gedruk het, Bradley Langenhoven, op buitesenter speel.

Griffons: Tertius Maarman (14); Eddie Fredericks (17), Werner Griesel (34), Thabang Molefe (9), Darryl Coeries (26); Tiaan van Wyk (3), Enrico Schultz (5); Nicky Steyn © (28), Johnny Fourie (29), Albert Parsons (9), Marnes Briedenhann (11), Windpomp van Rooyen (38), Gert Greyling (44), Derick van Heerden (0), Sarel Louw (85). Reserwes: Graham Heynecke (0), Kevin Stevens (10), Sewes Oosthuizen (11), Leon Grobbelaar (0), Shaun Botha (47), Bronwin Gysman (13), Virgil Russell (11).

Namibië: Chryzander Botha; Heini Bock, Bradley Langenhoven, Tinus Venter, Lewellyn Winkler; TC Losper, Colin Dekoe; Pieter-Jan van Lill, Rinaud Faneel, Brendan Walters, Heinz Koll, Waka Kazombiaze, Jané du Toit ©, Shaun Esterhuizen, Johnny Redelinghuys. Reserwes: André Vermeulen, Henk Roets, Morné Blom, Julian Botes, Eugene Jantjies, Darryl de la Harpe, Jackie Bock.

Eddie Fredericks se Eersterangse rekord:

Eddie Fredericks (202), WP (4-1-0-0-0-5), Luiperds (17-0-0-0-0-0), Griffons (17-6-0-0-0-30), Cheetahs (105-50-0-0-0-250), Super 14 Bulls (20-6-0-0-0-30), Super 14 Cats (3-0-0-0-0-0), Super 14 Cheetahs (33-7-0-0-0-35), SA ’A’ (2-1-0-0-0-5), SA U21 (1-0-0-0-0-0).