2010-2-18
 Windpomp van Rooyen aksie Die Griffons draf Saterdag in Wesselsbron teen die Pumas uit sonder hul staatmakerslot Windpomp van Rooyen nadat ‘n stuk glas in sy been gesteek het toe hy gehelp het om ‘n brand by Welkom se rolbalklub te help blus.
Met Van Rooyen en Marnes Briedenhann albei buite aksie span die Perstruie die onbeproefde slotkombinasie van Earl Daniels en Leon Grobbelaar teen die Pumas in.
Met die uitsondering van die flank Albert Parsons, wat vandeesweek voluit begin oefen het en bogenoemde beseerdes, is die Griffons so te sê op volle sterkte.
Die Perstruie begin met Sewes Oosthuizen en Kevin Stevens in die voorry met drie stutte, Sarel Louw, Petros Methula en Gert Greyling op die bank.
Hershol Johnson begin op haker met Graham Heynecke van die Technikon in Bloemfontein op die bank.
Griffons vs. Pumas: Tertius Maarman; Virgill Russel, Werner Griesel, Thabang, Molefe, Darryl Coeries; Tiaan van Wyk, Enrico Schultz; Nicky Steyn ©, Johnny Fourie, Shaun Botha, Earl Daniels, Leon Grobbelaar, Sewes Oosthuizen, Herschol Johnson, Kevin Stevens. Reserwes: Graham Heynecke, Sarel Louw, Petros Methula, Gert Greyling, Donovan Ball, Bronwyn Gysman, WP van Vuuren, Eddie Fredericks.
*Die Griffons skop hul seisoen aanstaande week amptelik teen Namibië in Windhoek af.
|