2010-2-27
 Griffons teen Namibie Wêreldbeker, hier kom ons! So kan die Griffons sekerlik voel na hulle Namibië Saterdag 45-26 in Windhoek verslaan het. Einste span wat vir volgende jaar se Rugby Wêreldbeker in Nieu-Seeland gekwalifiseer het.
Eddie Fredericks het gewys daar’s nog hope rugby in sy ervare bene deur drie keer te druk en te gehelp om sy span se Vodacombeker-aanslag op ’n wennoot af te skop.
“Dit was baie taai, maar die Griffons het van die begin af die oorhand gehad,” het Michael Herbert, die spanbestuurder, gesê.
“Ons het die meeste rugby gespeel, maar het gesukkel met ons afronding. Dit het Namibië die geleentheid gegee om bietjie in te haal. Ons het egter goeie, gedissiplineerde rugby gespeel en die wedstryd was die heel tyd in ons hande.”
“Ons het in die voorseisoen baie houe gevat met wedstryde teen Grens, die Pumas, Vrystaat en Pukke, so ons is heel overwhelmed met dié wen,” erken Herbert.
Punte:
Griffons: Drieë: Eddie Fredericks (3), Enrico Schultz, Leon Grobbelaar. Doelskoppe: Tiaan van Wyk (4). Strafdoele: Van Wyk (4).
|