2010-3-10
Leeus kies versterkings dadelik
Jano Vermaak op pad doellyn toe

Die Leeus se versterkings, Jano Vermaak en Wigan Pekeur, word Vrydagoggend in Sydney teen die Waratahs dadelik in die diepkant ingegooi. Albei is op die bank ingesluit in ‘n span wat weer die groot kanonne, Earl Rose, Carlos Spencer en Heinke van der Merwe insluit.

Vermaak se keuse bo die Puma-skrummie Jacques Coetzee is ‘n brawe een net omdat die witkop nog nie rugby vanjaar veel gespeel het nie.

Rose, Spencer en Van der Merwe kies hulself terwyl die tiener Wandile Mjekevu ook weer in die beginspan ten koste van die beseerde Dusty Noble ingesluit is.

Die Leeus het geen ander keuse as om te volhard met die senterkombinasie van Doppies la Grange en Walter Venter nie.

Spencer keer terug na tien en soos gewoonlik verwag almal wonderwerke van die All Black-towenaar.

Franco van der Merwe bly op slot saam met die ou man Willem Stoltz, die oudste speler in die Super 14.

Hannes Franklin keer ook terug ten koste van die onvervare Charles Emslie.

Lions vs. Waratahs: Earl Rose; Tonderai Chavhanga, Walter Venter, Doppies la Grange, Wandile Mjekevu; Carlos Spencer, JP Joubert; Todd Clever, Derick Minnie, Baywatch Grobbelaar ©, Willem Stoltz, Franco van der Merwe, Kevin Buys, Hannes Franklin, Heinke van der Merwe. Reserwes: Charles Emslie, JC Janse van Rensburg, Jacques Lombaard, Robert Kruger, Jano Vermaak, Burton Francis, Wigan Pekeur.