2010-3-10
 Deon Fourie was skitterend teen die Highlanders - Foto: Backpagepix Die Fidjiaan Sireli Naqelevuki is bo die vlugvoetige Gio Aplon gekies vir die Stormers se stryd Saterdag op Nuweland teen die Hurricanes. Naqelevuki, wat Aplon verlede week kort voor die afskop vervang het, behou sy plek.
Die haker Deon Fourie is egter nie so gelukkig nie, nieteenstaande sy skitterende vertoning teen die Highlanders. Die ‘Bok Tiaan Liebenberg begin weer in die middel van die Stormers-skrum.
Die res van die Stormers se beginspan is onveranderd, met Dewaldt Duvenhage weer op nege en Anton van Zyl weer as Andries Bekker se slotmaat.
Stormers vs. Hurricanes: Joe Pietersen; Sireli Naqelevuki, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana; Peter Grant, Dewaldt Duvenage; Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger ©, Andries Bekker, Anton van Zyl, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Baba Blaauw. Reserwes: Deon Fourie, JC Kritzinger, De Kock Steenkamp, Pieter Louw, Ricky Januarie, Lionel Cronjé, Gio Aplon.
WP vs. OP: Jurgen Visser; Dylan des Fountain, Frikkie Welsh, Tim Whitehead, Fabian Juries; Willem de Waal, Conrad Hoffmann; Bradley Fortuin, Yaya Hartzenberg, Pieter Myburgh, Stephan Greeff, Rynhardt Elstadt, Buhle Mxunyelwa, Hanyani Shimange ©, JD Moller. Reserwes: Callie Visagie, Jean Smith, Michael de Neuilly-Rice, Hugo Kloppers, Wimpie van der Walt, Dustin Jinka, Marvin Christians. |