2010-3-8
Springs spring weg met 'n Vaart
Armand Steynvaart

Springs het Saterdag vinnig van die krytvloer af opgestaan om Naka Bulle op hul tuisveld in Pretoria 55-7 af te ransel nadat die rustydtelling 5-7 in die tuisspan se guns was,

Springs het na die breek 50 punte aangeteken en tekens van verlede jaar se Klubkampioenskap-span getoon met veral die senter Armand Steynvaart in skitterende vorm.

Steynfaart het drie drieë gedruk en sy vleuel Juan van Zyl – wat die enigste Springs-punte in die eerste helfte aangeteken het – het uiteindelik twee gedruk.

Die loskopstut Vernon du Preez het ook twee drieë gedruk en hy gaan dit moeilik vir die keurders maak om summier plek te vind vir die staatmaker Pierre Foord.

Springs het uiteindelik tien drieë gedruk waarvan agt deur die agterspelers.

Die afrigter, Kobus van Rooyen, is op soek na ’n teenstander vir Saterdag, verkieslik op Olympiapark. Enige klub wat belangstel kan die webwerf of Johann van den Berg by die Valke skakel.

Springs se volgende wedstryd is ‘n vriendskaplike een teen Pretoria Harlequins.

Punte:

Springs: Drieë: Armand Steynvaart (3), Juan van Zyl (2), Vernon du Preez (2), Herman Fick, Nico Furbey, Charles Tolmay. Doelskoppe: Darren Ferguson (5).