2010-3-6
 Ettienne Dick K&S Operasie-Bloemfontein was Saterdagoggend vir die Uppies suksesvol toe hulle Kroonstad se Blouskool 23-21 op Fichardtspark se rugbydag geklop het.
Twee spelers, die senter PJ Walters en die nuwe vleuel, Ettienne Dick, het al die Upingtonners se punte aangeteken. Dick het in sy debuut vir die eerstes twee drieë gedruk.
“Ons het die bal lug gegee en wyd gespeel en dit was vir hierdie jong spannetjie belangrik om te wen,” het Riaan Kotzé gesê.
Walters het behalwe sy drie ook met twee strafdoele en ‘n doelskop geslaag.
Upington, wat aanstaande Saterdag op Sutherland speel, het Bloemfontein verlaat sonder enige ernstige beserings en hope selfvertroue.
Punte:
Uppies: Drieë: Ettienne Dick (2), PJ Walters. Doelskop: Walters. Starfdoele: Walters (2).
|