2010-2-10
Volsterkte Griffons teen Cheetahs
Windpomp van Rooyen teen Valke

Die Griffons se kaptein Nicky Steyn en die meeste van die beseerdes is terug in die tuig vir Vrydagaand se vriendskaplike wedstryd in Bloemfontein teen die Cheetahs.

Steyn, die stut Kevin Stevens, die losskakel Tiaan van Wyk en die senter Thabang Molefe is al drie terug in die Perstrui nadat hulle nie die afgelope naweek teen die Bulldogs begin het nie.

Die skrumskakel Enrico Schultz het teen die Bulldogs op tien begin en heelparty ander proefnemings is gedoen.

Die Griffons begin teen die Cheetahs met Derick van Heerden op haker en met Herschol Johnson en Sarel Louw op die bank,

Die veteraan Eddie Fredericks is ook op die uitgebreide bank van nege ingesluit.

Griffons vs. Cheetahs:

Griffons: Tertius Maarman; Virgill Russel, Werner Griesel, Thabang Molefe, Darryl Coeries; Tiaan van Wyk, Enrico Schultz; Nicky Steyn ©, Shaun Botha, Johnny Fourie, Marnus Briedenhann, Windpomp van Rooyen, Sewes Oosthuizen, Derick van Heerden, Kevin Stevens. Reserwes: Herschol Johnson, Sarel Louw, Gert Greyling, Earl Daniels, Leon Grobbelaar, Bronwyn Gysman, André Vermaak, Eddie Fredericks, Glen Mafumo.

Cheetahs: Riaan Britz; Alex Masina, Tertius Carse, Barry Goodes, Slang Siyabanda; Louis Strydom, Gerrie Odendaal; Kabamba Floors, Piet Gouws, Dirk Wessels, Isak van der Westhuizen, Rudi Mathee, Trevor Nyaki, Skipper Badenhorst, Jean Botha. Reserwes: Frankie Hearne, Kobus Calldo, Riaan Vermeulen, Philip Steyn, JC Astle, Piet van Zyl, Franna du Toit, Egon Gysman, Zandré Gerber.

*Die wedstryd is ’n voorwedstryd vir die Super 14-stryd tussen die Cheetahs en die Bulls.